Klara Majola
Klara Majola wou haar vader toe die skemer sak, gaan haal waar hy, die blinde, hout vergader; maar Klara Majola het verdwaal. Klein Klara Majola lê verkluim in die Bokkeveld se bros kapok, haar arms en...
View ArticleKlein ballade
Ek soek die huis van ’n timmerman, ek soek die tafel, die eenvoudig gedekte, en die bêreplek van die botterspaan van Maria die Onbevlekte. Ek soek die dinge van hulle elke-dag, ek soek die praat en die...
View ArticleKlein vrede
Vanmiddag wag sy vir hom in ’n klein hoëmuurhuisie half toe-oog ingekruip agter ’n straatstoepie 5.12 hang hy sy hoed aan die haak trek sy baadjie uit en sy gooi kookwater deur die koffiesak vee haar...
View ArticleKô, lat ons sing
Vrinne laat ons die Bybel oepeslaan en lat ons daaryt lies – o Allahoegste Gies lat hierie woorde na onse harte gaan! – yt die twiere boek van Mosas yt die Exoras yt die viere hoefstuk die ee’ste en...
View ArticleKorreltjie sand
Korreltjie korreltjie sand klippie gerol in my hand klippie gesteek in my sak word korreltjie klein en plat Sonnetjie groot in die blou ek maak net ’n ogie van jou blink in my korreltjie klippie dit is...
View ArticleLaetitia
’n Lied van my beminde ’n Lied van frisse maagdeskoon, Blou oë waarin die hemel woon, Van lokke wat met songoud gloei, Van wange waarop rose bloei; ’n Mond waar soentjies lonk en lag. Op lippe roos en...
View ArticleLied van die kinders
“Laat die kindertjies na My toe kom” Die Joodse seuntjie wat sy armpies in die lug steek voor die SS, sy oë wyd gerek, op sy mou die groot, geel Dawidster. “Laat die kindertjies na My toe kom” Die...
View ArticleMa
Ma, ek skryf vir jou ’n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer ’n kaalvoet gedig – want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart...
View ArticleMaar een Suid-Afrika
Gee my ’n roer in my regterhand, Gee my ’n bok wat vlug oor ’n rand – En ’n flukse perd om hom weg te dra: Gee my Suid-Afrika. Gee my ’n kamp waar bossies groei, Gee my ’n fraai volstruis wat broei –...
View ArticleMabalêl
Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl; vrolik klink die liedjie wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel. Op die voetpad sy alleen, met die skadu’s om haar heen; op haar kop die kruik gelig...
View ArticleMaria
’n Engel het dit self gebring, die vreugde-boodskap – en jy het ’n lofsang tot Gods eer gesing, Maria, nooi uit Nasaret! Maar toe Josef van jou wou skei en bure-agterdog jou pla, het jy kon dink...
View ArticleVier sonnette: Maria
Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan, haar hande need’rig oor haar bors gevou, toe hy, verblindend soos die son, daar staan: drie wit lelies het hy in sy hand gehou. Half-skaam, verleë, het sy...
View ArticleMuskiete-jag
Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jou sal net ’n bloedkol bly hier op my kamermure. Deur jou vervloekte gonsery, deur jou gebyt en plaery kon ek nie slaap vir ure. Mag ek my voorstel, eer ons skei,...
View Article'n brief van hulle vakansie
vir oubaas: Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma, die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my op die knieë van hul Gij Here God lê; noudat...
View Article'n Handvol gruis uit die Hantam
’n Handvol gruis uit die Hantam – My liewe, lekker Hantam-wyk! ’n Handvol gruis en gedroogde blare, Waboom-blare, ghnarrabos-blare! Arm was ek gister, en nou is ek ryk. Arm in herinnering, arm in...
View Article'n Paternoster vir Suid-Afrika
Here, laat die name geheilig word van al die kinders van die land – van hulle wat modderkoekies gebak het uit sy aarde, dassies skrikgemaak het in sy klowe, wol getrap het in sy krale. Ek het asemloos...
View ArticleKaapse Draaie: Namakwaland
Op die groot saaidag van die heelal het reeds ’n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste ’n sakkie van die Heer se beste saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.
View ArticleNegester en stedelig
Terwyl die Negesterre en die stedeligte witter in die donker suidelike nagte óm ons skitter, slaap jy nog weg in nag en swye langs mos en varings van eertye: ’n see-anemoon waar geel spirale lig deur...
View ArticleNog eenmaal
Nog eenmaal wil ek in die skemeraand weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan, weer met my rek óp in die donker skiet, en luister, en al word ek seer en dof, hoe die klein klippie ver weg in die riet...
View Articleo Die pyn-gedagte
o Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . . dit brand soos ’n pyl in my. Die mense sien daar niks nie van, en die Here alleen die weet wat ek ly. Die dae kom en die nagte gaan; die skadu’s word lank en...
View Article