Gee my ’n roer in my regterhand,
Gee my ’n bok wat vlug oor ’n rand –
En ’n flukse perd om hom weg te dra:
Gee my Suid-Afrika.
Gee my ’n kamp waar bossies groei,
Gee my ’n fraai volstruis wat broei –
En ’n Boereseun wat baie wa:
Gee my Suid-Afrika.
Gee my ’n koppie om op te staan,
Gee my die Swartland met al sy graan –
En nooit of te nimmer hoor jy my kla:
Gee my Suid-Afrika.
Gee my ’n vlakte ruim en wyd,
Gee my die veld se oneindigheid –
En die lekker geur wat die lug daar dra:
Gee my Suid-Afrika.