Quantcast
Viewing latest article 36
Browse Latest Browse All 55

Trou

Ek hou van ’n man wat sy man kan staan;
ek hou van ’n arm wat ’n slag kan slaan;
’n oog wat nie wyk,
wat ’n bars kan kyk;
en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan –

vas soos ’n berg van grou graniet
op vaderlandsgrond, sy hartsgebied,
aan haar getrou
soos aan kind en vrou,
en wat in haar ere ook syne siet.

Ek hou van ’n man wat sy moeder eer
in die taal uit haar vrome mond geleer,
en die bastergeslag
in sy siel verag,
wat, haar verstotend, hulself kleineer.

Die oog wil ek sien wat ’n traan nog ween
vir ’n heldegeslag, in hul rus daarheen,
maar ’n blits van trou
in die traan van rou,
wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.1

Vir my die Afrikaner van durf en daad,
wat Mammons eer en loon versmaad,
sy hoof en sy hand
vir sy volk en sy land
en ’n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ek hou van ’n man wat sy man kan staan;
ek hou van ’n daad wat soos donder slaan;
’n oog wat nie wyk,
wat ’n bars kan kyk;
en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan!

1. “Wat weer aan liefde teruggee wat uit liefde se bron ontvang is.” – Celliers.


Viewing latest article 36
Browse Latest Browse All 55

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!